Testimony


Vry van vloek

Ek het vir Pastoor Gideon ontmoet in Februarie 2014 nadat ek ‘n baie moelike tyd deur gegaan het. Ek het twee babatjies aan die dood afgestaan en ek het geestelike hulp en gebed gesoek. Die kerk waar ek was het geen kennis van die geestelike realm en aanvalle op kinders van God gehad nie. Pastoor Gideon het my bedien en met sy kennis wat hy gehad het en vir my uitgewys waste vloeke oor my lewe was, wat my babatjies se dood veroorsaak het. Daar was ook ‘n poltergeist gees in my huis wat goed gebreek en rond geskuif het en hy het my gehelp om die huis skoon te maak deur die bloed van die lam. Ek wil net alle eer gee aan Vader vir hierdie deurbraak in my lewe en dat hy iemand kan gebruik om die waarheid vir mens te verkondig. In my verhouding met my Hemelse Vader was ek nog nooit so naby aan Hom soos nou nie. Baie dankie Yeshua.

Esther (2015)

Leave a Comment

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!