Testimony


Vry van sataniese siels verbintenis

Hierdie is ‘n getuienis oor my pad saam et die Here, oor die wonderbaarlike wyse waarop ek gered is en my lewe verander het. My pad saam met soldiers 4 Christ het begin op 10 Augustus 2016 toe ek gebed ontvang het. Gwen van Staden het my gevra wie is James? Ek het haar geantwoord dat dit my eerste kerel is, maar hoe het sy sy naam geken? Die Here het vir Gwen gewys dat daar ‘n “ungodly soultie” is met hom wat my terug hou wat gebreek moet word.

Ek was verwonderd oor hoe my bene gegroei het Pastoor Gideon vir my bid en my kerel sin ook. Tydens gebed het ek gevoel hoe demonise magte my liggaam verlaat, ek was beset omdat een van my kerels ‘n satanis was en ek het dit nie geweet nie. My lewe is amper verwoes daardeur. Ek is van satanistiese offertafel gered deur die krag en authoriteit van Christus en ek is ook gedoop.

Ek het uit onkunde weer deure oopgemaak toe ek na ‘n voorskou van ‘n vliek gekyk het wat nie reg was nie. In die vliek doen hulle whichcraft en toordery wat teen die woord van God is. Ek het nie besef dat as ek kyk na sulke goed dat ek toestemming gee vir die vyand nie en daardeur het ek weer ‘n deur oopgemaak. Ek het gevoel hoe my vlerkies op my rug begin brand en ek het dadelik na Gwen en Jurie toe gery. Ek weet die bevryding was redelik ernstig toe het Gideon en Era van Soldies 4 Christ span ook kom bid. Ek het geen beheer oor my liggaam gehad nie.

Op een stadium kon ek nie asem kry nie. Gideon het al die legal right afgesny en gebid en ek weet dat ek tydens die bediening ‘n onmoeting met Yeshua gehad het. Ek het die vlekkelose Lam gesien, en toe het Yeshua myself kom los maak. Ek het Christus in Sy volheid beleef en Sy salwing, redding, genade. Sonder Soldiers 4 Christ se bediening sou ek ‘n offer vir satan gewees het. Ek wil net dankie se vir hulle en vir Christus en Vader en Heilige Gees, want deur Hom is ek vry vandag. Ek is toe weer gedoop en ek is nou baie versigtig om wereldse goed te doen of te kyk. Ek hou my besig met die word en met opbouende goed en met worship.

Ek kan getuig van die verskil in my lewe, hoe ek vry is waar ek altyd woedend was, is ek gevul met blydskap en liefde. Ek is gered. Waar ek ‘n lewe vol sonde gehad het, rook, drank, rowwe partytjies, seks, losbandigheid – IS EK VANDAG VRY DAARVAN! TOT EER EN VERHEERLIKING VAN YESHUA SE NAAM!

Simone Maritz (2017)

Leave a Comment

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!