Prayer


Gee jou hart vir Jesus

Handelinge 3:19 “Kom dan tot inkeer en bekeer julle sodat julle sondes uitgewis word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom. En Hy hom mag stuur wat voor af aan julLe verkondig is naamlik Jesus Christus.”

Johannes 3:16 “Want so lief het God die wereld gehad da thy Sy enigste seun gegee het sodat ons nie verlore hoef te gaan nie maar die ewige lewe kan he.”

In hierdie lewe is daar baie dinge wat ons onself mee wil tevrede stel, die najaag van geld, ons liggaamlike begeertes en drange, ons is almal soekend na iets om die leemtes in ons lewens te vul….. maar daar kom ‘n dag in ‘n mens se lewe dat jy besef dat wereldse dinge nie daardie leemtes kan vul nie. Slegs Jesus Christus kan. Hy is liefde, Hy is die weg die waarheid en die lewe. Dit is tyd dat ons besef die hemel en die hel is ‘n werlikheid en ons elkeen moet ‘n keuse maak. Vandag het jy die geleentheid om daardie besluit te neem.

As jy gereed is kan jy die volgende gebed hardop bid.

“God en Hemelse Vader. Weens al my verkeerde dinge, sondes in my lewe en al my tekortkominge, alle vraagtekens en soeke na wereldse begeerlikhede het my niks gehelp nie. Maar van vandag af roep ek U aan as my Vader, Ek meld aan vir diens Here. Ek wil bely dat U seun Jesus Christus vir my sondes gesterf het aan die kruis. En deur dat Hy gesterf het gee dit my die mag om erfgenaam te word van die beloftes in U woord. Dit gee my ook die mag om kind van God genoem te word. Vergewe asb al my sondes soos ek ook nou amal vergewe wat my tenagekom het en seer gemaak het. Ek gee hul in U hande oor. Ek spreek lewe oor hulle uit. Jesus Christus, dankie dat U my ook nou vergewe. Ek bely dat U vir my sondes gesterf aan die kruis en daarom weet ek van vandag af is dit afgehandel. Al my seer en tekortkominge, al my vraagtekens gee ek vir U Here.

Vervang dit met U liefde… Ek roep U nou aan. Ek smag na U. Ek wil nie en ek kan nie meer lewe soos ek lewe nie. Vader ek verklaar met my mond dat U die Skepper van die groot heelal is en deur die beloftes van U woord kan ek u aanroep as Abbba Vader. Verander my lewe van vandag af sodat net goedheid en guns my sal volg. Dankie Jesus Christus dat U van vandag af my Koning en Heiland en vriend sal wees. Heilige Gees, kom neem nou beheer van my lewe, my omstandighede en my bekommernisse. Kom wees ‘n eregas in my lewe alleen. Dankie Abba Vader dat U my nou die mag gegee het as kind van God. Herstel ook nou my kindskap en vaderskap verhouding met U. Alle saad in my lewe wat nie vrug dra nie, verwyder dit asb in my lewe. Vergroot my grondgebied. Stuur U beskerming oor my, weerhou onheil van my sodat geen smart my sal tref nie. Ek stel mysef beskikbaar vir U koningkryk as ‘n welgevallige, heilige offer aan God die Vader. In die naam van Christus Jesus van Nasareth, U seun, dankie dat ek werklik vry is.

In Jesus naam.

Amen

Welkom by die bloedfamilie van Christus. Op hierdie oomblik is daar engele wat juig oor jou nuwe lewe in Christus. Gaan teken hierdie dag en datum nou op as ‘n bewys dat jou lewe 180 grade draai gemaak het. Nou is daar net ‘n paar goed wat jy moet doen om jou verhouding met Jesus Christus te bou.

  1. Gaan vertel ten minste 1 persoon dat jy Jesus vandag aangeneem het as jou Verlosser en saligmaker.
  2. Begin bybel lees, bestudeer dit want dit is jou padkaart vir die lewe. “n Goeie plek om te begin lees is die nuwe testament vanaf Mateus, Markus, Lukas, Johannes, ens.
  3. Sluit aan by ‘n kerk of ‘n selgroep sodat jou geloof ook versterk kan word.
  4. Bid daagliks, oggend en aand sodat jy jou verouding met Jesus Christus en jou Vader kan opbou. Hy sal jou dan ook daagliks lei deur Sy Heilige Gees. Kontak ons enige tyd vir opvolg en ondersteuning.

Leave a Comment

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!